Algehele betrokkenheid op die plaas sowel as in haar breër gemeenskap
Wie kan genomineer word?
Vroue wat boer, of die vrouens van boere wat met gewasse boer, kan benoem word. Neem asseblief kennis dat slegs vroue wat boer of die vrouens van boere wat met een of meer Bayer– of DEKALB®-produkte boer, vir hierdie kompetisie genomineer mag word. Inskrywings van individue wat met vee boer sal slegs aanvaar word, mits hulle ook met gewasse boer.
Nominasies kan deur die boer/vrou self, of deur enige geaffilieerde van die boer of boervrou ingedien word. Dit sluit die boer, ’n Bayer– of DEKALB®-verteenwoordiger, familielede, vriende en/of gemeenskapslede in.
Inskrywings open op 1 Maart 2025 en sluit om middernag op 30 Junie 2025.

Kategorie A:
Vrou wat boer

Kategorie B:
Boer se vrou
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
Watter pryse sal op die spel wees?
Twee wenners sal aangewys word. Die wenner in die kategorie Vroueboer van die Jaar, sal wegstap met Bayer/DEKALB®-produkte ter waarde van R15 000 terwyl die wenner in die kategorie vir die Vrou van ’n Boer, R10 000 sal wen wat aan ’n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse geskenk kan word. Albei wenners ontvang ook ’n R2 000-geskenkbewys van Bayer, ’n R1 500-geskenkbewys van Uppe Marketing en drie geskenkboeke onderteken deur die outeur, Milanie Vosloo.
Wanneer sal die wenners aangekondig word?
Die finaliste sal in Julie bekend gemaak word en die wenners sal by ‘n spesiale geleentheid in Augustus 2025 aangekondig word. Hou hierdie spasie dop! Meer inligting rakende die prysuitdeling sal op ‘n later stadium gekommunikeer word.