Hoe kan ons u help?

Bayer Boervrou van die Jaar

E-pos: cora.vanniekerk@bayer.com

Hoe kan ons u help?

Algehele betrokkenheid op die plaas sowel as in haar breër gemeenskap

Wie kan genomineer word?

Vroue wat boer, of die vrouens van boere wat met gewasse boer, kan benoem word. Neem asseblief kennis dat slegs vroue wat boer of die vrouens van boere wat met een of meer Bayer– of DEKALB®-produkte boer, vir hierdie kompetisie genomineer mag word. Inskrywings van individue wat met vee boer sal slegs aanvaar word, mits hulle ook met gewasse boer.

Nominasies kan deur die boer/vrou self, of deur enige geaffilieerde van die boer of boervrou ingedien word. Dit sluit die boer, ’n Bayer– of DEKALB®-verteenwoordiger, familielede, vriende en/of gemeenskapslede in.

Inskrywings open op 11 Mei 2026 en sluit om middernag op 31 Augustus 2026.

Kategorie A:

Vrou wat boer

Kategorie B:

Boer se vrou

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Watter pryse is op die spel?

Twee wenners sal aangewys word. Die wenner in die kategorie Vroueboer van die Jaar, sal wegstap met Bayer/DEKALB®-produkte ter waarde van R20 000 terwyl die wenner in die kategorie vir die Vrou van ’n Boer, R20 000 sal wen wat aan ’n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse geskenk kan word.

Wanneer sal die wenners aangekondig word?

Die wenners sal tydens ’n spesiale geleentheid in Oktober 2026 aangekondig word.

Hou hierdie spasie dop! Meer inligting rakende die prysuitdeling sal in ’n later stadium gekommunikeer word.