Hoe kan ons u help?

Bayer Boervrou van die Jaar

E-pos: lore.willemse@bayer.com

Hoe kan ons u help?

Bayer Boervrou van die Jaar 2025

BEPALINGS EN VOORWAARDES

Beskrywing van kompetisie: 

Met die Bayer Boervrou van die Jaar-kompetisie wil Bayer Crop Science graag erkenning gee aan die vroue wat die ruggraat van ons boerderygemeenskap vorm: óf dit nou ons boere se vroue is óf die vroue wat aan die hoof van ’n boerdery staan. 

Vroue wat boer, of die vrouens van boere wat met gewasse boer, kan benoem word. Die kriteria sal gebaseer word op die vroue se algehele betrokkenheid op die plaas sowel as in hul breër gemeenskap. 

Die wenner in die kategorie Vroueboer van die Jaar, sal wegstap met Bayer/DEKALB®-produkte ter waarde van R15 000 terwyl die wenner in die kategorie vir die Vrou van ’n Boer R10 000 sal wen wat aan ’n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse geskenk kan word. Albei wenners ontvang ook ’n R2 000-geskenkbewys van Bayer, ’n R1 500-geskenkbewys van Uppe Marketing en drie geskenkboeke onderteken deur die outeur, Milanie Vosloo. 

 Die Bayer Boervrou van die Jaar-kompetisie sluit die volgende twee kategorieë in: 

  • Vrou van ’n Bayer-boer wat met gewasse boer
  • Bayer-vroueboer wat met gewasse boer

 Inskrywingsproses: 

  • Slegs vroue wat boer of die vrouens van boere wat met een of meer Bayer– of DEKALB®-produkte boer, mag vir hierdie kompetisie genomineer word. Inskrywings van veeboere sal aanvaar word, mits hulle ook met gewasse boer.
  • Nominasies kan deur die boer/vrou self of deur enige geaffilieerde van die boer of boervrou ingedien word. Dit sluit die boer, ’n Bayer– of DEKALB®-verteenwoordiger, familielede, vriende en/of gemeenskapslede in.
  • Om in te skryf vir die Boervrou van die Jaar 2025-kompetisie moet deelnemers hul inskrywingsvorm saam met ’n hoë-resolusiefoto(’s) indien.
  • Deelnemers word versoek om breedvoerig uit te brei oor die vrae wat in die vraelys gevra word. Versuiming om genoeg inligting te verskaf, kan ’n negatiewe impak op die beoordelingsproses hê.
  • Die kompetisie open op 1 Maart 2025 sluit om middernag op 30 Junie 2025.

       Bepalings en voorwaardes rakende die indiening van inskrywings: 

      • Bayer aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige laat inskrywings nie, ongeag die rede waarom die inskrywing laat is.
      • Bayer is nie verantwoordelik vir enige tegniese fout wat lei tot inskrywings wat nie suksesvol aangebied is nie. Bayer aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onsuksesvol afgelewer is nie.
      • Enige persoonlike inligting, insluitend en sonder die beperking van deelnemers se naam, adres, telefoonnommer en of e-pos, sowel as foto’s, sal slegs vir kompetisie-verwante doeleindes gebruik word. Persoonlike inligting sal in ooreenstemming met plaaslike wette verwerk word. Persoonlike inligting kan gedeel word met derde partye wat help met die bestuur van hierdie kompetisie. Die betrokke derde partye sal die persoonlike inligting in ooreenstemming met plaaslike wette verwerk.
      • Bayer sal die wenners versoek om Bayer toe te laat om hul naam, besonderhede en foto’s/video’s sonder verdere vergoeding vir publikasiedoeleindes te gebruik. Wenners kan weier.
      • Geen Bayer-spanlede of familie van Bayer-spanlede mag vir die kompetisie inskryf nie.
      • Vorige deelnemers aan die Bayer Boervrou van die Jaar-kompetisie mag deelneem aan vanjaar se kompetisie.

      Pryse: 

      • Pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
      • Oorhandiging van pryse sal met die wenners gekommunikeer word en aflewering sal plaasvind binne twee weke nadat die wenners aangekondig is.
      • Die pryse sal tydens ’n prysuitdeling in Augustus 2025 aangekondig word.
      • ’n Kortlys sal gekies word en deelnemers sal in kennis gestel word teen Julie 2025. Indien u geen korrespondensie teen hierdie datum ontvang het nie, beskou asseblief u nominasie as onsuksesvol.
      • Die wenner in die kategorie Vroueboer van die Jaar, sal wegstap met Bayer/DEKALB®-produkte ter waarde van R15 000 terwyl die wenner in die kategorie vir die Vrou van ’n Boer R10 000 sal wen wat aan ’n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse geskenk kan word. Albei wenners ontvang ook ’n R2 000-geskenkbewys van Bayer, ’n R1 500-geskenkbewys van Uppe Marketing en drie geskenkboeke onderteken deur die outeur, Milanie Vosloo.

       Neem asseblief kennis:

      • ’n Onafhanklike paneel van beoordelaars is aangestel om die beoordelingsproses te hanteer.
      • Die beoordelaars se besluit is finaal, en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
      • Deur vir die kompetisie in te skryf, aanvaar deelnemers die bepalings en voorwaardes soos uiteengesit in hierdie dokument.
      • Enige afwyking van die reëls of enige poging om die kompetisie te manipuleer sal lei tot diskwalifikasie.
      • Bayer behou die reg voor om die kompetisie te beëindig, veranderinge aan te bring of die kompetisie op te skort sonder enige kennisgewing. In hierdie geval stem alle deelnemers in om geen verdere regstappe te neem of om enigiets van Bayer en sy agente te verhaal nie.

       

      Die Boervrou van die Jaar-kompetisie word deur Bayer (Edms.) Bpk. aangebied.

      Bayer se adres:

      Collaboration Hub, Eerste Vloer, Waterfall-sirkel, Country Estate Rylaan 9, Waterfall City, Midrand, 2090