Hoe kan ons u help?

Bayer Boervrou van die Jaar

E-pos: cora.vanniekerk@bayer.com

Hoe kan ons u help?

Bayer Boervrou van die Jaar 2026

Dit is elke jaar vir ons die grootste voorreg om hulde te bring aan die vroue wat ’n merkbare bydrae tot die landboubedryf lewer. En vanjaar maak ons weer so!

Deur die Bayer Boervrou van die Jaar-kompetisie wil Bayer Crop Science erkenning gee aan die vroue wat die kern van ons boerderygemeenskappe vorm – of dit nou boere se eggenote is, of vroue wat self die leisels op die plaas in hulle hande hou.

Die beoordelingskriteria fokus op die deelnemer se algehele betrokkenheid, nie net op die plaas nie, maar ook binne haar gemeenskap.

Wie kan genomineer word?

Vroue wat boer, of die eggenote van boere wat met gewasse boer, kan benoem word. Neem asseblief kennis dat slegs vroue wat self boer of die eggenote van boere wat met een of meer Bayer-gewasbeskermingsprodukte of DEKALB®-saad boer, vir dié kompetisie genomineer mag word. Inskrywings van individue wat met vee boer sal slegs aanvaar word indien hulle ook met gewasse boer.

Nominasies kan deur die boer/vrou self, of deur enige geaffilieerde van die boer of boervrou ingedien word. Dit sluit die boer, ’n Bayer– of DEKALB®-verteenwoordiger, familielede, vriende en/of gemeenskapslede in.

Inskrywings open op 11 Mei 2026 en sluit om middernag op 31 Augustus 2026.

Watter pryse is op die spel?

Twee wenners sal aangewys word. Die wenner in die kategorie Vroueboer van die Jaar, sal wegstap met Bayer/DEKALB®-produkte ter waarde van R20 000 terwyl die wenner in die kategorie vir die Vrou van ’n Boer, R20 000 sal wen wat aan ’n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse geskenk kan word.

Wanneer sal die wenners aangekondig word?

Die wenners sal tydens ’n spesiale geleentheid in Oktober 2026 aangekondig word.

Hou hierdie spasie dop! Meer inligting rakende die prysuitdeling sal in ’n later stadium gekommunikeer word.

Ontmoet 2025 se wenners

Ons wens met groot trots die wenners van die 2025 Bayer Boervrou van die Jaar-kompetisie geluk!

Hulle is Katlego Kubedi wat bekroon is as die wenner in die kategorie vir Vroueboer van die Jaar, en Margerite van Niekerk wat koning(in) gekraai het in die Boervrou van die Jaar-kategorie. Beide Katlego en Margerite woeker nie net op hulle plase nie, maar werk ook om ’n verskil te maak in hulle gemeenskappe.

Katlego Kubedi

Margerite van Niekerk

Stel jy belang?

Is jy die volgende Bayer Boervrou van die Jaar 2026?

Kompetisiereëls

Lees asseblief noukeurig deur die kompetisiereëls en die bepalings en voorwaardes voordat jy inskryf.