Bayer Boervrou van die Jaar 2026
INSKRYWINGSVORM – Vrou wat boer
(Neem asseblief kennis: Geen Bayer-personeel of Bayer-familielede mag aan hierdie kompetisie deelneem nie.)
Voltooi asseblief die inskrywingsvorm hier:
Watter pryse is op die spel?
Twee wenners sal aangewys word. Die wenner in die kategorie Vroueboer van die Jaar, sal wegstap met Bayer/DEKALB®-produkte ter waarde van R20 000 terwyl die wenner in die kategorie vir die Vrou van ’n Boer, R20 000 sal wen wat aan ’n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse geskenk kan word.
Wanneer sal die wenners aangekondig word?
Die wenners sal tydens ’n spesiale geleentheid in Oktober 2026 aangekondig word.
Hou hierdie spasie dop! Meer inligting rakende die prysuitdeling sal in ’n later stadium gekommunikeer word.